logo songteksten.net

Amanda Strydom - Slippers Van Satyn

Wie kom hier op die grootpad aan
Met blomme in haar hare?
Wie is dit wat so loslit dans
Op die ritme van kitare?

Die sekelmaan hang om haar nek
Die son woon in haar keel
Sy dra die reënboog op haar kop
Sy ât die môrester gesteel

En sy dra slippers van satyn
Slippers van satyn
Slippers van satyn
Dis die nuwe lyn
Sy âs nie van hier, sy is gestuur
Haar rugsak vol robyne
Haar krale blink, haar voete stamp
Sy slaan die tamboeryne

Sy dans ân stofstreep oor die werf
Die kleingoed agterna
Die kêrels spook om by te hou
En die ougoed word gedra

Wie, wie, wie kom hier met die grootpad langs
Wie, wie, wie is dit wat so loslit dans
Wie, wie, wie kom hier op die grootpad aan
Wie, wie, wie is dit wat so loslit dans?

FEMU logo Songteksten.net heeft toestemming van Stichting FEMU om deze songtekst te tonen.

De songteksten mogen niet anders dan voor privedoeleinden gebruikt worden, iedere andere verspreiding van de songteksten is niet toegestaan.