logo songteksten.net

Amanda Strydom - Die lied van ou Suid-Afrika

As jy eendag groot is, sal jy weet waarvan ek praat
Eendag as jy ouer is, luister na my raad
Dit lyk dalk nou onduidelik, want jy is nog 'n kind
Jou hele lewe lê nog voor, jy sal die antwoord vind

Van kleins af hoor ek die refrein
Van tantes, ma's en pa's
Van dominees wat Sondae hulle donker toga's dra
Onderwysers wat sarkasties vir my sê
Hoe om te dink
En dosente wat soos vasgehaakte langspeelplate klink

Vir lank het ek geluister, eerbiedig, soos dit moet
Vir hul plesier gebokspring, gesukkel in die stoet
Ek weet nie waar ek hoort nie, ek voel nog soos 'n kind
My hele lewe lê nog voor, ek moet die antwoord vind
Ek is al lankal veertig en word snags nog net so bang
Vir die skadu's teen my venster en die krake in die gang
Vir die hebsug van 'n wêreld wat belustig is met mag
Vir die jagters wat op loer lê
Om te moor en te verkrag
En die lyke in Kwa-Zulu, Boipatong en Mitchellsplein
Was tot nou die dag net kinders, sonder sorge sonder pyn

En van kleins af hoor hul die refrein
Van tantes, ma's en pa's
Van predikers wat Sondae hulle helder togas dra
Van diktators wat begeesterd vir hul sê
Hoe om te dink
En leiers wat soos vasgehaakte langspeelplate klink

As jy eendag groot is, sal jy weet waarvan ek praat
Eendag as jy ouer is, luister na my raad
Dit lyk dalk nou onduidelik, want jy is nog 'n kind
Jou hele lewe lê nog voor, jy sal die antwoord vind

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra
Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika

FEMU logo Songteksten.net heeft toestemming van Stichting FEMU om deze songtekst te tonen.

De songteksten mogen niet anders dan voor privedoeleinden gebruikt worden, iedere andere verspreiding van de songteksten is niet toegestaan.