logo songteksten.net

Amanda Strydom - Hoe ek voel

As ek jou net kon vertel
as ek jou net kon laat sien
sou ek n skilder opdrag gee
om n prent vir jou te maak
en as hij eindelik klaarmaak
as hy sy meesterstuk voltooi
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

As ek jou net kon laat sien
as ek jou net kon laat lees
sou ek n faksmasjien gaan huur
en gedigte vir jou stuur
en as jy anderkant dit kry
as jy dit uithaal en jy kyk
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou
As ek jou net kon laat lees
as ek jou net kon laat hoor
sou ek n koor na jou toe stuur
n serenade in die laatnaguur
en as jy wakker word een aand
en jou vensters staan wyd oop
sou jy weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

jy sou weet, jy sou dit weet
jy sou dit weet, jy sou weet
as jy teen die tyd nog vergeet
hoe ek voel, hoe ek voel oor jou

FEMU logo Songteksten.net heeft toestemming van Stichting FEMU om deze songtekst te tonen.

De songteksten mogen niet anders dan voor privedoeleinden gebruikt worden, iedere andere verspreiding van de songteksten is niet toegestaan.